Your Recipe Blog

KARRINGMELK-GRONDBOONTJIEBOTTERBESKUIT

KARRINGMELK-GRONDBOONTJIEBOTTERBESKUIT

Resep en foto’s: Michaela Boon

  • 2 kg bruismeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 10 ml sout
  • 500 ml bruinsuiker
  • 250 ml granola muesli
  • 250 ml gemengde sade (Health Mix)
  • 500 g botter
  • ± 500 ml karringmelk*
  • 10 ml vanilla geursel
  • 4 eiers
  • 400 g grondboontjiebotter
  • ekstra melk / karringmelk, indien nodig
  • Meng droë bestanddele saam, vryf botter by droë bestanddele in tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
  • Klits eiers, karringmelk en grondboontjiebotter saam. Voeg by meelmengsel en meng tot alles goed gemeng is.
  • Plaas deeg in plat beskuitpan/ne. Druk die drukker in en verwyder weer indien jy die drukkerpanne gebruik.
  • Bak in voorafverhitte oond teen 180 °C tot goudbruin en toetspen skoon uitkom.
  • Laat effe afkoel en breek of sny in stukke. Droog uit teen 100°C vir 1 – 2 ure.
  • Nota:
  • *Ek moes melk addisioneel byvoeg by die deeg, want dit was te droog. Ek sal vanaf 500 ml karringmelk, die addisionele karringmelk/melk eerder bietjie vir bietjie byvoeg en deurmeng tot die deeg reg is.

Tyd vir terugvoering oor smaak: Dis lekker maar kon nie die grondboontjiebotter proe nie. Sal weer maak maar die hoeveelheid grondboontjiebotter verdubbel.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page