SUURLEMOEN MERINGUE VANILLAKOEK
Foto en resep: Marié Fourie
- Enkellaag vanillakoek:
- 1 koppie suiker
- 4 eiers
- 1.5 teelepel vanilla geursel
- knippie sout
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 koppie warm water
- 4 eetlepels olie
- Klits die suiker en eiers saam tot lig en romerig. Voeg die geusrel en sout by die eiermengsel en klits goed. Meng die meel by die beslag in.
- Strooi die bakpoeier bo-oor die beslag, maar moet dit nog nie inmeng nie. Mend die warm water en die olie en voeg dit by die beslag (die bakpoeier gaan begin bruis).
- Meng alles goed saam, skep in ‘n voorbereide koekpan en bak in ‘n oond (voorverhit tot 180° C) vir ongeveer 35 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
- Laat die koek vir ‘n dag staan, anders is dit te vars om uit te hol.
- Suurlemoenvulsel:
- 2 blikkies kondensmelk
- 250 ml suurlemoensap
- 6 eiergele
- Roer die bestanddele saam. Verhit in die mikrogolf vir 30 sekondes op ‘n keer en roer na elke 30 sekondes.
- Herhaal vir 6 minute. Die mengsel sal nog papperig lyk. Laat heeltemal afkoel.
- Meringue:
- 6 eierwitte
- 1 koppie strooisuiker
- 1 teelepel kremetart
- Klits die eierwitte baie goed, meng die kremetart met die strooisuiker en voeg die strooisuikermengel bietjie vir bietjie by tewyl jy heeltyd klits tot sagte punte vorm.
- Hol die vanillakoek uit en vul dit met die suurlemoenvulsel. Skep die meringue oor die koek en bak in oond teen 180°C vir ongeveer 30 minute.
- Hou maar dop tot eierwitte mooi verkleur. Laat heeltemal af koel op die plaat voor jy die koek op ‘n bord sit.
- Nota: Rina Kleinhans – jy kan die oond afskakel en die deur effens oopmaak en die koek in die oond laat afkoel vir ‘n pragtige meringue.
Category:


