TANNIE GALE SE “LEMON MERINGUE”
Resep en foto: Phil Kloppers
Ek en my wonderlike vrou het saamgespan en ons het vir die eerste keer ‘n lemon meringue (suurlemoen tert) gemaak.
- 1 x pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gedruk
- 125 ml botter gesmelt
- 1 x blikkie kondensmelk
- ½ blikkie suurlemoensap
- 3 eiergele
- 3 eierwitte
- 2 teelepels strooisuiker
- Meng die gekrummelde koekies en die botter saam en druk dit plat in oondvaste bak.
- Meng die kondensmelk en die suurlemoensap saam. Skei die 3 eiers en voeg die eier geel een vir een by die kondensmelkmengsel terwyl jy meng.
- Skep die vulsel oor die koekies.
- Klits die eierwitte totdat dit lekker styf is en voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by terwyl jy heeltyd klits.
- Skep die stywe eierwitte bo-oor die vulsel, hierdie is die meringue.
- Bak in die oond op 180º C vir 20 min. (Boonste rak)
- Ons het die oond aangesit net voor ons met die meringue begin het. Ons het hom uitgehaal na so 18 min. Baktyd mag verskil van oond tot oond.
Category:

