Your Recipe Blog

KONDENSMELK MALVALEKKERPOEDING

KONDENSMELK MALVALEKKERPOEDING

Resep en foto:  Erna Hattingh
Ons Kersfees poeding hierdie jaar.

  • 250 ml (1 koppie) room, yskoud
  • 1 blik (385 g) kondensmelk
  • 125 ml (½ koppie) suurlemoensap
  • 25 malvalekkers, opgesny
  • 12 maraschino kersies, stingels verwyder
  • 5 ml (1 teelepel) karamel geursel
  • 6 koppie meringue in stukke gebreek (skuimpies)
  • Klits die room tot styf.
  • Meng kondensmelk, suurlemoensap, malvalekkers, kersies en karamel geursel. Vou die styf geklopte room in.
  • Pak in lae in individuele glase of ‘n diep tertbak, begin met ‘n laag malvalekkermengsel en dan meringue.
  • Herhaal die lae en eindig met die malvalekkermengsel.
  • Garneer met meringue, kersies en kruisement blare.
  • Plaas vir ten minste 3 ure in die yskas om te stol.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page