KARRINGMELKBESKUIT MET ALL BRAN FLAKES
Resep en foto: Ida Bouwer
- 2 kg bruismeel
- 10 ml sout
- 1 kg botter (moet botter wees)
- 700 g suiker
- 1 liter karringmelk (ek gebruik soms amazi, is lekker romerig)
- 4 ekstra groot eiers
- 400 g All Bran flakes, fyngemaak (ek sit dit sommer in my voedselverwerker)
- Verrroom suiker en eiers. Meng droë bestanddele in ‘n groot bak.
- Maak ‘n spasie in die middel van die meel en voeg karringmelk, botter(ek smelt myne effens in die mikrogolf) en eiermengsel by. Meng baie goed.
- Berei 2 oondpanne en skep mengsel daarin en druk vas, maak gelyk.
- Bak vir 1 uur teen 180ºC. Keer die beskuit uit op afkoelrakkie.
- Laat die beskuit goed afkoel, sny dan in happie grote en droog oornag uit.
Category:












