HELEEN SE SOUSPOEIER
Resep en foto: Heleen Brummer Nel
Ek maak my eie bruin souspoeier. Dan vat ek so 3-4 eetlepels, meng met lou warm water en die vleis vet in pan.
Souspoeier:
Hierdie poeier kan jy gebruik om ‘n lekker bruin sous vir jou kapokaartappels, rys of pap te maak of om bredies of kerrie te verdik.
- Meng die volgende saam:
- 2 pakkies Hearty Beef Stew
- 2 pakkies Savoury Instant Gravy
- 1 x 400 g pakkie Knorrox Soup Oxtail flavour poeier
- Meng alles saam.
- Stoor in ‘n lugdigte houer.
- Om die bruinsous aan te maak:
- Ekstra:
- 1 groterige ui
- 500 ml kookwater
- ± 10 ml Worcestersous
- ± 10 ml tamatiesous of tamatiepuree
- Braai die ui in die wors of vleis se vet tot bruin.
- Voeg die kookwater by uie.
- Skep so 3 – 4 opgehoopte eetlepels sous poeier in ‘n koppie en maak aan met lou water.
- Voeg die aangemaakte poeier mengsel by die gebraaide uie.
- Voeg die Worcestersous en tamatiesous of puree by.
- Geur met sout en peper na smaak.
- Kook op stadige plaat tot sous verdik.
Geniet!

