EMELIA SE SOET MOSBOLLETJIES
Resep aangepas deur Emelia Victor
Foto: Emelia Victor
- 600 g koekmeel
- 3 ml sout
- 100 g suiker
- 70 g botter
- 70 ml lou water
- 1 eier
- 200 ml mos
- 10 ml kitsgis
- anys, opsioneel
- Sif meel en voeg suiker en sout by.
- Ek het broodmasjien gebruik om te knie.
- Plaas die gis onderin bak en dan meelmengsel.
- Smelt botter en voeg louwater en eier by. Meng liggies.
- Maak ‘n gaatjie in die meel en giet die eiermengsel in en dan die mos.
- Anys is opsioneel, voeg nou by indien gebruik word.
- Stel broodmasjien op “deeg” en dit knie dan deeg. Ek het dit oornag laat staan en volgende oggend uit masjien gehaal.
- Glad nie weer geknie net bolletjies gerol en in gesmeerde broodpan gepak.
- Broodpan op warm plek gesit sodat die bolletjies uitrys.
- Moenie te haastig wees. Dis ‘n stadige proses.
- Bak in voorverhitte oond 180°C vir 30 minute, skakel die oond af en los die deur oop vir verdere 10 minute.
- Broodjie op rooster uitgekeer en botter en suiker gesmelt en bo-oor gesmeer. Kan uitgedroog word indien verkies.


Ek will net weet wat is mos asb.
Dit is gegiste druiwe sap wat mens by die kelders kan koop, maar ook jou eie maak as jy braaf is.
http://www.foodloversrecipes.com/2015/02/soetmos/#more-77873
Wat is ‘ skop'”
Ek verstaan ongelukkig nie jou vraag nie, ek sien nerens ins die resep dt hulle na “skop” verwys nie, Help my asb?