Your Recipe Blog

EMELIA SE SOET MOSBOLLETJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

EMELIA SE SOET MOSBOLLETJIES

  • 600 g koekmeel
  • 3 ml sout
  • 100 g suiker
  • 70 g botter
  • 70 ml lou water
  • 1 eier
  • 200 ml mos
  • 10 ml kitsgis
  • anys, opsioneel

Sif meel en voeg suiker en sout by.
Ek het broodmasjien gebruik om te knie.
Plaas die gis onderin bak en dan meelmengsel.
Smelt botter en voeg louwater en eier by. Meng liggies.
Maak ‘n gaatjie in die meel en giet die eiermengsel in en dan die mos.
Anys is opsioneel, voeg nou by indien gebruik word.
Stel broodmasjien op “deeg” en dit knie dan deeg. Ek het dit oornag laat staan en volgende oggend uit masjien gehaal.
Glad nie weer geknie net bolletjies gerol en in gesmeerde broodpan gepak.
Broodpan op warm plek gesit sodat die bolletjies uitrys.
Moenie te haastig wees. Dis ‘n stadige proses.
Gebak in voorverhitte oond 180°C vir 30 minute en toe oond afgeskakel en deur oopgelos vir verdere 10 minute.
Broodjie op rooster uitgekeer en botter en suiker gesmelt en bo-oor gesmeer.
Kan uitgedroog word indien verkies.
Eet en geniet.

Resep aangepas deur Emelia Victor
Foto: Emelia Victor

Category:

4 Reviews

  1. Rene

    Ek will net weet wat is mos asb.

  2. Rene

    Wat is ‘ skop'”

    • Ek verstaan ongelukkig nie jou vraag nie, ek sien nerens ins die resep dt hulle na “skop” verwys nie, Help my asb?

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page