EENVOUDIGE HEERLIKE HOENDERSLAAI
Resep en foto: Lizelle Louw
“Die resep is vir een porsie – ek voeg baie hoender by vir proteïen.”
- 125 g hoenderfillet, gevlok
- 20 g mayonnaise
- 5 g blatjang
- avokado, na smaak
- vars koljander
- uie, na smaak
- tamatie, na smaak
- fetakaas, na smaak
- botterblaarslaai, of enige ander blaarslaai
- suurroom slaaisous (op meeste winkels se rakke)
- sout en peper
- Meng hoender, blatjang en mayonnaise.
- Plaas blaarslaai op bord en plaas hoender-mayonnaise mengsel bo-op.
- Voeg res van bestanddele by. Voeg sout en peper by vir smaak.
- Dis ‘n eenvoudige slaai, maar dit bly heerlik vir ‘n sonskyn dag!
- Indien jy sou lus wees vir ‘n meer luukse slaai, kan jy ook die volgende byvoeg:
gekrumende grondboontjie-broskoekies (peanut brittle)
gedroogde bosbessies (cranberries)
pampoen-/sonneblomsade
krakerige uieringe
Category:












