HOENDER CHAKALAKA SOP (WESVALIA SOP)
Resep en foto: Nadia Swanepoel
- 1 heel hoender
- 1 pakkie groentesop (die pakkies wat hulle reeds opmaak in die winkel met seldery, rape, wortels en preie)
- 1 pakkie 4 in 1 sop mengsel
- 2 blikkies Chakalaka
- 1 pakkie Knorr Chakalaka sop / kerrie groentesop
- ½ koppie suiker
- sout en peper
- Plaas die hoender in ‘n groot pot / stoompot en bedek met baie water.
- Meng die soppoeier by en sout en peper.
- Skil en rasper die groente en voeg by.
- Voeg ook die twee blikkies Chakalaka by.
- Kook alles saam op druk in die stoompot vir ten minste 1 en half uur.
- Verwyder die hoender en ontbeen.
- Voeg die vleis weer by en water soos nodig, as die sop te dik is.
- Voeg die halwe koppie suiker by en roer deur.
- Kook vir ‘n verdere half uur tot ‘n uur.
Category:

