Your Recipe Blog

SPRINGBOKRADIO SE KERSIE-KARRINGMELKBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 minute

SPRINGBOKRADIO SE KERSIE-KARRINGMELKBESKUIT

Resep geplaas deur Karin Blignaut
Foto: Frikkie Jones

  • 1 kg bruismeel (of 1 kg koekmeel en 30 ml bakpoeier)
  • 10 ml (2 teelepels) bakpoeier
  • 10 ml (2 teelepels) sout
  • 500 g kunsbotter
  • 1 blik (385 g) kondensmelk
  • 125 ml (½ koppie) bruinsuiker
  • 500 ml (2 koppies) karringmelk/amasi
  • 100 g rooikersies, gekap (ek het helfte groen-, helfte rooikersies ingesit)
  • 100 g pekanneute, gekap
  • Verhit oond tot 190 °C. (lees nota onder aan)
  • Smeer ‘n groot vierkantige oondpan met kunsbotter of bespuit met kossproei.
  • Sif meel, bakpoeier en sout in ‘n groot bak en vryf kunsbotter in.
  • Meng kondensmelk, bruinsuiker en karringmelk.
  • Meng droë en nat bestanddele met ‘n houtlepel.
  • Voeg kersies en neute by en druk mengsel vas in ‘n voorbereide beskuitpan.
  • Bak vir 50 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen in die middel skoon uitkom.
  • Keer uit op ‘n draadrak, laat afkoel en sny in bekuit stukkies.
  • Droog beskuit stukkies oornag in die oond by 100 °C met deur effe oop.

Nota: Frikkie Jones sê: Ek sal dit volgende keer net by 160°C bak en nie 190°C soos op die resep aangedui is nie. Ek sal ook die neute effens rooster voor ek dit opkap. Verder is dit heel lekker. Nogals eiervry.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page