REEDSKLAAR BROODDEEG BROOD
Resep en foto: Babs van der Westhuizen
Ek het hierdie lekker brood gemaak uit ‘n klaar voorbereide brooddeeg. Die hele brood was 45 cm lank.
- 1 pak reeds klaar brooddeeg
- 1 houer roomkaas, enige geur van jou keuse
- soet rissiesous (sweet chillisous)
- gerasperde kaas
- 1 eier, geklits
- bees geur Aromat, na smaak
- paprika / rissie poeier, opsioneel
- geklitste eier, om oor te verf
- Rol deeg uit en smeer roomkaas bo-oor.
- Smeer ‘n laag soet rissiesous oor die roomkaas.
- Strooi gerasperde kaas oor en rol deeg op.
- Sny repe in die deeg met ‘n mes en smeer met eier.
- Strooi speserye oor na smaak.
- Bak in oond op 180ºC tot gaar, ongeveer 40 – 60 minute.
Category:

