WORSIEMUFFINS
Gemaak deur Wian Swart
Foto: Wian Swart
- 2 koppies koekmeel
- 1 eetlepel bakpoeier
- 3 teelepels suiker
- knypie sout
- 3 groot eiers
- 1 koppie volroom melk
- 3 eetlepels olie
- worsies van jou keuse
- ½ koppie kaas, gerasper
- ½ koppie heelpit mielies
- knypie mosterdpoeier
- knypie Cayenne peper
- knypie pietersielie
- Voorverhit oond tot 180ºC.
- Meng al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak. Voeg die kaas en mielies by.
- Klits die eiers, melk en olie saam. Voeg dit by die droë bestanddele en roer vinnig saam om deur te meng.
- Skep lepelsvol in muffinhouertjies, tot amper vol en druk worsies in die middel.
- Bak vir 25 minute tot goudbruin.
Geniet dit met ‘n lekker spuit tamatiesous in die gaatjie saam met worsie.
Category:














Baie oulik