MAKATAAN KONFYT EN BLATJANG (jdp)
- Vir die konfyt
- makataan
- pynappel
- suiker
Skil skywe van die makataan dun af, verwyder die pitte en kerf die hele vrug of maal deur 13 mm sif
Weeg dit en voeg 1 kg gerasperde pynappel by vir elke 4 kg makataan.
Voeg 500 ml water by die 5 kg vrugte en kook vir 15 minute lank.
Voeg 375 g suiker by vir elke 500 g vrugte. (4 kg makataan + 1 kg pynappel = 5 kg dws. 3.75 kg suiker per 5 kg)
Roer tot suiker opgelos is en kook klaar soos vir fyn appelkooskonfyt.
Bottel warm.
WENK :
Indien die dik wit gedeelte van die makataan gebruik word vir heelstuk konfyt kan die binneste deel gebruik word vir die fyn konfyt.
- Vir die Blatjang:
- 2 liter fyn makataan konfyt
- 4 gekapte uie
- 3 koppies pynappel blokkies
- 2 koppies asyn
- 15 ml kerrie
- 10 ml gemmer
- 15 ml sout
- 25 ml gedroogde rissie (kan aangepas word na smaak)
Kook al die bestanddele saam goed deur BEHALWE die konfyt.
Verpulp dit.
Sit dan 2 liter konfyt by en kook stadig deur.
Bottel warm.
Foto en resep: Johan du Preez (Snr)












