MARIE SE ALL-BRAN BESKUIT
Resep en foto: Marie Grobler
- 1 kg bruismeel
- 500 ml suiker
- 5×250 ml all-bran vlokkies, fyner gemaak
- 125 ml pampoenpitte
- 250 ml gesnyde kersies
- 250 ml gekapte okkerneute
- 3 eetlepel anys( 45 ml)
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 500 ml karringmelk
- 3 eiers, geklits
- 500 g sagte margarien of botter
- Meng al die droë bestandele saam.
- Vryf sagte botter in die droe bestanddele in dat dit lyk soos krummels.
- Meng eiers en karringmelk en meng daarby in.
- Meng goed en sit in die voorbereide pan. Ek het drukker pan gebruik.
- Bak teen 180°C vir 1 uur.
- Ek droog oornag uit vir 9 uur teen 80° C met ‘n mes in deur op oop rakke nie in panne.
Category:












