GESONDHEIDSBESKUIT MET HEUNING
Resep en foto: Rina Kleinhans
Het vandag hierdie lekker beskuit gebak, ek weet ongelukkig nie wie het die resep vir my gegee nie, en ek het hom bietjie aangepas.
- Smelt saam en laat afkoel:
- 500 g margarien
- 1 koppies suiker
- 1 koppie heuning
- Meng saam:
- 3 koppies koekmeel
- 1 koppie wheatbix, gebreek
- 1 koppie semels
- 2 koppies hawermout (oats)
- 3 koppies “nutty wheat” meel
- 2 teelepels koeksoda
- 50 ml bakpoeier (10 teelepels)
- 1 teelepel sout
- ½ koppie klapper
- 1 koppie Jungle energy crunch
- ½ koppie gedroogte piesangstukke, fyner gemaak
- Ekstra:
- 500 ml karringmelk (of 450ml melk en 40ml asyn laat staan om dik te word)
- Meng karringmelk met gesmelte botter, suiker en heuning.
- Meng al die droë bestanddele en meng met die karringmelkmengsel.
- Nota: Dit is nie ‘n stywe deeg nie, maar dit is wel klewerig.
- Druk met die hande in 2 groot oondpanne vas en maak gelyk.
- Bak in oond van 180°C vir 10 min.
- Stel oond af na 160°C en bak vir verdure 30 min of tot gaar.
- Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte.
- Droog uit in oond by 100°C vir 4 – 5 ure (eie keuse)
Category:

