Your Recipe Blog

RYK KARRINGMELK BESKUIT

RYK KARRINGMELK BESKUIT

  • 1.175 kg (9 x 250 ml) koekmeel
  • 300 g (375 ml) witsuiker
  • 15 ml bakpoeier
  • 15 ml kremetart
  • 5 ml sout
  • 500 g botter of margarien
  • 2 eiers, geklits
  • 125 ml vars room
  • sowat 400 ml karringmelk
  • 5 ml koeksoda, opgelos in’n bietjie warm water

Sif die meel, suiker, bakpoeier, krematart en sout saam, frummel die smeer daarin.
Meng die eiers, room, 250 ml van die karringmelk en die koeksoda en meng met droë bestanddele.
Voeg nog karringmelk by om sagte hanteerbare deeg te vorm. Knie tot ‘n elastiese deeg.
Rol balletjies, plaas in gesmeerde panne en bak ongeveer ‘n uur by voorverhitte oond 180°C.
Keer beskuit uit en breek versigtig oop.
Plaas op draadrakkie en droog oornag uit in koel oond.

Foto en resep geplaas deur Susan Sussiena Wagenaar Mitchell

Category:

2 Reviews

  1. Emmarentia

    Texture good but tasteless. I used Danone buttermilk, which is good.
    To enhance flavour can I add lemon juice or vinegar? Also felt needed a bit more salt.
    I would so appreciate your advice.

    Star
    • Hi Emmarentia, ons kry dit deesdae gereeld dat mense se mens proe nie meer die karringmelk soos voorheen nie. Ek glo bietjie suurlemoensap sal dalk help, of maak jou eie regte egte karringmelk soos die wat van die room gekarring word vir botter, dan behoort die smaak ook beter te wees. Sout kan jy enige tyd aanpas. Miskien as die sout meer is dal die smaak ook baie beter wees en die karringmelk smaak meer uitbring. Probeer gerus en laat weet ons asb?

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page