Your Recipe Blog

MIDDEL VAN DIE WEEK LASAGNE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 12 ruim porsies

MIDDEL VAN DIE WEEK LASAGNE

(maak genoeg om te vries ook) Hierdie resep maak ‘n oondpan vol.

  • 1,8 kg maer maalvleis
  • 2 blikke tamatie- en uiesmoor
  • 2 klein pakkies tamatiepasta
  • 1 eetlepel fyn knoffel
  • 1 eetlepel gemengde kruie
  • 1 teelepel Ina Paarman Garlic and Herb seasoning
  • 2 teelepels Ina Paarman seasoned salt
  • 50 ml rooiwyn
  • 1 pakkie Knorr Minestrone soppoeier
  • 12 lasagne velle, ongekook
  • witsous gemaak van 1.5 liter volroommelk soos volg:
  • 1 liter en ‘n koppie melk
  • 1 eetlepels botter
  • sout,  peper en knoffel
  • 6 opgehoopte eetlepels Maizena
  • Mozzarella-kaas, om bo-oor te strooi
  • gerookte paprika, om bo-oor te sprinkel

Verhit oond op 180°C.
Plaas maalvleis in groot ‘n genoeg pot en roer deur om stukkies op te breek.
Voeg al die bestanddele by behalwe die soppoeier.
Roer deur, bring tot kookpunt en verlaag hitte dat dit net effens prut.
Laat prut stadig vir 45 min. Roer af en toe.
Voeg dan die pakkie droë soppoeier by en prut vir nog 10 min.

Maak 1 liter en ‘n koppie melk warm. Tot dit amper kook.
Sit jou botter by die melk, asook sout en peper en knoffel.
Sit die res van die melk (1 koppie) in ‘n beker en voeg die Maizena by en roer met whisk tot glad.
Voeg by melk in die pot en roer met “whisk” tot dit begin kook en verdik. Verwyder van hitte.

Pak lae in jou oondpan. Eers maalvleis, dan die lasagne velle (rou) en dan witsous.
Herhaal en strooi kaas en paprika bo-oor. Laat staan vir so 15 min.
Bak vir 30 min in waaieroond of tot mooi goudbruin.
Bedien met ‘n lekker Griekseslaai.

Die resep lewer 12 ruim porsies. Sny in netjiese porsies as dit bietjie afgekoel het.
Dit vries baie goed.

Foto en resep:  Louise Groenwald

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page