QUINOA SLAAI
- 200 g quinoa, kook gaar in groentestock
- 1 vinkelbol, opgesny
- 3 wortels, klein blokkies gesny – 2 x 2 mm
- 2 avokados, groter blokke
Laat quinoa afkoel en meng alles deur.
- Slaaisous:
- ½ suurlemoen
- 1 lemoen
- 1 toontjie knoffel
- ½ bos plat pietersielie
- 8 eetlepel olyfolie
- seesout
Rasper die skil van suurlemoen en lemoen en gebruik die sap in die slaaisous.
Sny die knoffel fyn.
Meng alles goed en meng deur die quinoaslaai.
Bedien soos verkies.
Smaaklik!
Resep en foto: Hanlie Wethmar
Category:












