Your Recipe Blog

EIERLOSE SJOKOLADEKOEK

EIERLOSE SJOKOLADEKOEK

As student die koek gebak vir verjaarsdae-kan nie flop nie! Daarom die naam Tics sjokolade koek gekry (naam van die diensjaar waar ons vir jare vir studente op verjaarsdae die lekker moist koek gebak het).
Na deeg in pan gegiet het, gee so een of 2 ‘kap’ /’stamp’ op tafelblad – help om van die lugborreltjies ontslae te raak.

  • 650 ml koekmeel
  • 90 ml kakaopoeier
  • 10 ml bakpoeier
  • 10 ml koeksoda
  • 3 ml sout
  • 325 ml strooisuiker
  • 160 ml olie
  • 30 ml asyn
  • 5 ml vanilla
  • 500 ml water

Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en strooisuiker saam. Meng die olie, asyn, geursel en water.
Voeg geleidelik by die droë bestanddele terwyl voortdurend geklop word.
Giet beslag in 2 gesmeerde koekpanne of in ‘n oondpan.
Bak 35-40 min by 180°C of totdat die toetspen skoon uitkom. (Enkel laag bak 50 – 55 min)
Laat die koeke 5 min in die panne afkoel voordat dit op ‘n draadrak uitgekeer word. Versier soos verkies.

Resep: Carmari Fourie Strobos
Foto:  Fanie Smit

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page