Your Recipe Blog

HOE OM OLYWE IN TE Lê

Avatar photo
Recipe by
ongeveer 4 weke en 2 dae

HOE OM OLYWE IN TE Lê

Resep: Tinkie van Deventer – Angelique Roux
Foto: Johan Coetzee
Oraait jul vra so mooi hier kom my olywe resep.

  • Gee ‘n snytjie oor die eenkant van olyf (van bo na onder)
  • Sit die olywe in ‘n groot emmer met deksel en tap water in tot olywe bedek is, dreineer elke dag die water af en tap weer skoon water op doen dit vir 3 weke.
    Jy sal sien hoe die olie uit kom.
  • Maak ‘n oplossing van 250 g sout op 5 liter water.
  • Sit olywe in die soutoplossing vir 1 week (gebruik weer die emmer).
  • Spoel die olywe af in skoon water na die een week.
  • Sit die olywe in skoon bruin asyn vir 24 uur.
  • Maak nou weer ‘n sout oplossing soos bo.
  • Steriliseer bottels en deksels.
  • Neem nou ¾ soutoplossing en ‘n ¼ bruinasyn. (maw ¾ koppie soutoplossing en ¼ koppie bruinasyn gemeng – dit is die verhouding)
  • Pak die olywe in die bottels (oppas vir te vol) en giet die mengsel van sout en asyn in tot bottel vol is.
  • Sit deksel op en draai deksel lekker styf toe.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page