Your Recipe Blog

LEMOENKOEK VAN VARS LEMOENE

LEMOENKOEK VAN VARS LEMOENE

Resep en foto: Lizette Taljaard
As jy nou lus is vir ‘n lemoenkoek, hierdie is ‘n perfekte een. Geen lemoenkleursel of geursel in hierdie koek nie, dit is maklik en heerlik!

  • 3 lemoene met skil en al
  • 4 eiers
  • 1 koppie suiker
  • ½ koppie olie
  • sout na smaak
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • Kook die lemoene, net so heel, skil en al in bietjie water tot sag, nie pap nie in die mikfrogolf.
    Verwerk die lemoene in voedselverwerker tot “pulp” (haal pitte vooraf uit, indien nodig)
  • In aparte bak, klits die eiers en suiker tot dubbel in volume en lig in kleur.
  • Voeg die olie en sout by.
  • Voeg van die verpulpte lemoen by (hou bietjie vir die versiersel).
  • Voeg koekmeel en bakpoeier by en roer goed deur.
  • Bak vir 40 min by 180ºC of tot gaar.
  • Maak versiersel van die verpulpte lemoen, bietjie sout en versiersuiker en skep oor die koek.
  • Nota – Ek het hierdie koek al gemaak sonder om lemoene te kook ook, jy kry ‘n grower tekstuur. Jy kan ook sjokolade splinters byvoeg vir ‘n sjokolade-lemoenkoek.
  • Glo my dit is heerlik en jy sal nie weer jou lemoenkoek op ander manier verkies nie.
  • Nota:  Rina Kleinhans
    Die beslag lyk vreeslik baie, maar die koek rys nie vreeslik nie, so jy kan die pan maar tot amper bo vol maak. Gebruik ‘n 20cm pan indien jy nie ‘n tuitpan het nie. Die koek sak baie terug nadat dit uit die oond gekom het.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page