TAMATIE EN 2 MINUUT NOEDELGEBAK
Resep en foto: Renate Visser
Ek het vanaand ‘n vinnige en maklike gereg met 2 minuut noedels gemaak, dalk het julle al so iets gemaak.
- 3 pakkies 2 minuut noedels
- 1 blikkie tamatie- en uiesmoor
- spriet-uie, gesnipper
- swart peper na smaak
- Cheddar kaas, gerasper
- Kook die noedels met kookwater, sonder die sakkies geurmiddels, vinning vir paar minute op die stoof.
- Dreineer die noedels in ‘n vergiettes.
- Spuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei en skep die noedels in die bak.
- Meng die tamatie- en uie smoor met die noedels, sprinkel die spriet uie en swart peper oor en sprinkel laastes die gerasperde kaas oor die noedels.
- Bak die gereg in ‘n warm oond tot deurwarm en die kaas gesmelt is.
- Nota:
- Die gereg sal ook lekker wees met al die ander geure tamatie- en uie smore, bv “Cape Malay” of “Mediteranian style” of “Indian style” of slegs die ingelegde tamaties.
Category:

