Your Recipe Blog

MIELIEPAP OP VYF MANIERE

MIELIEPAP OP VYF MANIERE

Foto: Claudette Bester

  • Vinnige mikrogolf stywe pap:
  • 2 koppies mieliemeel
  • 30 ml botter
  • 4 koppies (1 liter) warm water
  • 5 ml sout
  • Roer al die bestanddele in ‘n mikrogolfvaste bak, en mikrogolf vir 12 minute op hoog, roer elke twee minute met vurk.
  • Roer meer botter in, na smaak. Kan langer in mikrogolf gesit word vir 1 minuut sarsies, indien die smaak nog rou is.
  • ET se mikrogolf krummelpap:
  • 1 koppie droë mieliemeel
  • 1 koppie kookwater
  • 1 teelepel sout
  • Kook die droë mieliemeel op hoog sonder ‘n deksel, vir sowat vier minute terwyl jy elke minuut die droë mieliemeel met ‘n vurk roer.
  • Voeg die kookwater by die baie warm mieliemeel, wees versigtig, dit begin borrel dadelik.
  • Roer deur met vurk en plaas die deksel op die bak.
  • Kook vir vier minute terwyl jy elke minuut met die vurk roer. Jy kan dit bietjie langer kook, ek het, want ek het 3 koppies mieliemeel met drie koppies kookwater gemaak.
  • Onthou krummelpap vries perfek in ‘n plastieksakkie as jy te veel gemaak het.
  • Wanneer jy dit later opwarm na gevries, dan is dit lieflik los en krummelrig.
  • Slappap:
  • 1 koppie mieliemeel
  • 30 ml botter
  • 4 koppies (1 liter) kookwater
  • 5 ml sout
  • Kook die water en sout in ‘n kastol, verwyder van stoof en voeg die mieliemeel geleidelik by, roer met ‘n draadklitser om klonte te voorkom.
  • Kook ongeveer 30 minute op die laagste hittestelling, gebruik ‘n “trivet” as jy een het (hitteverspreider).
  • Voeg botter by na smaak en bedien met melk of room en suiker.
  • Stywe pap:
  • 2 koppies mieliemeel
  • 3 koppies kookwater
  • 5 ml sout
  • 30 ml botter of na smaak
  • Kook die water en sout in ‘n kastol op die stoof, verwyder van stoof en voeg die mieliemeel in ‘n geleidelike stroom by, roer aanhoudend met ‘n papspaan of groot vurk.
  • Plaas die kastol terug op die stoof en kook ongeveer 45 minute op die laagste hittestelling, gebruik ‘n “trivet” as jy een het (hitteverspreider).
  • Voeg botter by na smaak en bedien met melk of room en suiker, of met braaivleis en ‘n tamatie-en-uiesous.
  • Krummelpap:
  • 2 ½ koppies mieliemeel
  • 1 ½ koppies kookwater
  • 5 ml sout
  • 30 ml botter of na smaak
  • Kook die water, sout en botter in ‘n kastol op die stoof, verwyder van stoof en giet die mieliemeel op een slag in die middel van die pot dat dit ‘n hopie maak.
  • Begin roer met ‘n groot vurk (‘n kerfvurk werk goed).
  • Plaas die pot terug op medium hitte, die mengsel sal vinnig stol, breek die klonte op met ‘n vurk.
  • Voeg  ‘n bietjie water by, anders sal dit nie behoorlik stoom nie.
  • Breek met tussenposes die klonte terwyl dit gaar word, kook vir ongeveer 1 uur op die laagste hittestelling, gebruik ‘n “trivet” as jy een het (hitteverspreider).
  • Bedien met melk of room en suiker, of met braaivleis en ‘n tamatie-en-uiesous.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page