Your Recipe Blog

KOEKIEDEEG KAASKOEKPASTEI

KOEKIEDEEG KAASKOEKPASTEI

Resep en foto: Elizabeth Haupt
Ek het my gunsteling koekieresep gebruik om ‘n koekiepastei met ‘n kaaskoekvulsel te maak en die res van die deeg in ‘n muffinvormpan geskep met ‘n sjokolade-ganache-vulsel.

  • Koekiedeeg:
  • 525 g suiker
  • 375 g bak margarien
  • 3 eiers
  • 15 ml vanilla geursel
  • 3 teelepel bakpoeier
  • 3 teelepel koeksoda
  • 5 ml sout
  • 750 g koekmeel
  • Variasies indien verkies:
  • 75 g sjokolade stukkies (ek gebruik, wit, karamel en donker sjokolade)
  • bosbessies (cranberries)
  • gerasperde lemoenskil
  • Vulsel:
  • 1 houer roomkaas
  • 100 g versiersuiker
  • Room die suiker en margarien tot lig, voeg die eiers by en meng deur.
  • Voeg die vanilla, bakpoeier, koeksoda, koekmeel en sout by en roer tot gemeng.
  • Voeg die variasie by indien verkies en meng deur.
  • Meng die roomkaas en versiersuiker tot gemeng.
  • Druk van die koekiedeeg onder in die bodem en teen kante van ‘n 21 cm voorbereide losboompan vas en skep die roomkaasvulsel in die koekielaag.
  • Rol van die koekiedeeg stukkie vir stukkie plat en pak dit bo-op die vulsel om die vulsel te bedek.
  • Bak die pastei in ‘n voorverhitte oond teen 180°C tot dit ligbruin is, moenie oorbak nie.
  • Verwyder die kaaskoekpastei uit die oond en laat afkoel.
  • Nota:
  • Plaas die deeg wat oorbly op gebreek in stukkies en bolletjies gerol in klein muffinpanne en bak tot gaar, ek het nog 18 klein tertjies gemaak van die deeg wat oorgebly het.
  • Wanneer dit uit die oond kom, druk ‘n holte in die middel van die koekie vir die vulsel.
  • Sjokolade ganache:
  • 80 g sjokolade
  • 80 g room – ja weeg die room
  • Verhit die room en voeg die sjokolade by die room.
  • Verwyder van die hitte en roer tot die sjokolade gesmelt het.
  • Laat effens afkoel, skep die ganache in die koekieholtes en versier soos verkies.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page