Your Recipe Blog

KONDENSMELK BLIKKIE KAASKOEK

KONDENSMELK BLIKKIE KAASKOEK

Resep en foto: Magda van Schalkwyk /Magda Wijnja
Hier is my resep. Kaaskoek met ‘n blikkie kondensmelk.
Gebruik kondensmelk blikkie vir afmeet van bestanddele.

  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 125ml Rama gesmelt
  • ½ blikkie suurlemoensap
  • 1½ Bakels delight room styf geklits
  • 1 blikkie gladdie room maaskaas
  • Tennis koekies fyn gemaak gemeng met 125 ml rama gesmelt en druk onder in gesmeerde kaaskoekpan om kors te vorm.
  • Sny blikkie kondensmelk oop, skep in ‘n mengbak en meng ½ kondensmelk blikkie suurlemoensap by.
  • Klits in skoonbak 1½ kondensmelk blikkie Bakels delight room lekker styf.
  • Voeg by kondensmelk mengsel, 1 kondensmelk blikkie gladde room maaskaas, en meng goed.
  • Voeg styfgeklopte room by en meng .
  • Skep in kaaskoekpan met kors, maak gelyk bo en verkoel oornag.
  • Versier soos verkies.
  • Kan met karamelsous, aarbei ens bedien word.
  • Heerlik dit kan ek julle verseker!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page