Your Recipe Blog

GEURIGE KERRIEHOENDER MET SUURLEMOEN

Recipe by
Cook: 45 - 55 minute | Servings: 4 - 5 porsies

GEURIGE KERRIEHOENDER MET SUURLEMOEN

Resep en foto: Amanda Austen

  • 9 hoenderdye en -boudjies
  • Marinade:
  • 250 ml ongegeurde jogurt
  • 30 ml olie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 knoffeltoontjies, fyn gedruk
  • 15 ml paprika
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 5 ml fyn komyn
  • 5 ml fyn koljander
  • 3 ml borrie
  • sout en peper na smaak
  • Meng bestanddele vir die marinade saam in ‘n groot bak.
  • Voeg die hoender by die marinade en meng goed sodat elke stuk bedek is met die marinade.
  • Bedek en verkoel vir minstens 1 uur of oornag vir meer geur.
  • Voorverhit die oond tot 190ºC.
  • Rangskik die hoender in ‘n liggies gesmeerde oondbak en bak vir 45 – 55 minute of totdat die hoender goudbruin en gaar is.
  • Skep die pansouse oor die hoender halfpad deur die baktyd.
  • Vir ekstra kleur indien verkies, rooster die hoender onder die oondelement vir die laaste 5 minute.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page