Your Recipe Blog

HEERLIKE SPRINGBOKBOUD IN DIE OOND GEBAK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 5 - 6 ure

HEERLIKE SPRINGBOKBOUD IN DIE OOND GEBAK

Resep: Elbie Gouws

  • 4 preie
  • 3 groterige wortels in kwarte gesny
  • 1 groot heel wortel
  • 2 uie in kwarte gesny
  • 2 aartappels in kwarte gesny
  • 3 repe spek (so 1 cm dik) vra slagter om dit vir jou so te sny
  • 1 koppie rooiwyn of bietjie meer
  • olyfolie
  • asyn, sout en peper na smaak
  • 1 bakkie sampioene gekerf
  • 250 ml room
  • Bisto om mee te verdik
  • Vat ‘n skerp mes en steek dit reg langs die been van vleis in en draai dit en trek dan uit en druk ‘n heel wortel langs die been in.
  • Sit groente onder in ‘n braai bak, buiten die sampioene en plaas vleis bo-op.
  • Smeer die vleis met asyn en sout en peper na smaak.
  • Voeg die rooiwyn by, hoeveelheid hang af van hoe groot die boud is, asook bietjie olyfolie, plaas die deksel op.
  • Bak die boud in die oond teen ongeveer 120ºC vir omtrent 5 tot 6 ure of tot gaar, terwyl bedek met deksel of tinfoil.
  • Voeg so uur voor die boud gaar is, ‘n pak gesnyde sampioene by.
  • Kyk maar gereeld of vloeistof genoeg is en pasaan.
    (MOET NIE BOUD GAATJIES INDRUK OM MET SPEK OF KNOFFEL OF IETS TE STOP NIE).
  • Wanneer boud gaar is, skep die sous af en plaas in ‘n potjie op die stoof. Voeg ‘n botteltjie room en Bistro aangemaak met bietjie water, by om ‘n dikkerige sous te maak. Kook net deur.
  • Nota: Ek maak van die gaar groente in ‘n elektriese menger fyn en voeg by die sous.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page