MAKLIKE TUNATERTJIES
Resep en foto: Ilse Vd Berg
- 2 eiers geklits
- 5 ml Worcestersous
- 1 blikkie Tuna, gedreineer
- 1 klein ui, gekap
- 45 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 250 ml gerasperde cheddar kaas
- 250 ml melk
- Verhit oond tot 180°C.
- Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak – meng goed.
- Skep in ‘n voorbereide muffinpannetjie.
- Bak vir 30 – 35 min.
- Nota: Ansi Fourie Pypers Fourie
Die reuk is heerlik. Net swartpeper en ‘n bietjie smoked paprika bygesit.

