Your Recipe Blog

ANDERSE TUNATERT

ANDERSE TUNATERT

Resep geplaas deur Maureen Jansen van Rensburg
Foto:   Adri Van Zyl
‘n Vriendin van my het eendag hierdie anderste Tuna tert gemaak en het my so ooreet aan hierdie tert dat ek eintlik siek was. Ek deel graag haar resep met julle.

  • 4 teelepels Gelatien of 1 koevertjie
  • 1 pakkie suurlemoenjellie
  • 375 ml kookwater
  • 1 pakkie Tuc beskuitjies
  • 1 koppie Cross and blackwell mayonnaise
  • 1 klein gerasperde ui
  • 3 gekookte eiers (gerasper)
  • 2 blikkie tuna (water gedreineer)
  • Pietersielie en aromat na smaak (opsioneel)
  • Meng gelatien, jellie met die kookwater, en laat dit afkoel. Meng nou die res van die bestanddele saam behalwe die tuc beskuitjies.
  • Smeer tertbak en pak jou tuc beskuitjies daarin (kors), voeg die jelliemengsel by die vismengsel en roer goed deur. Skep op die beskuitjies.
  • Sit is yskas om te stol.
  • Nota:  Adri van Zyl:
  • Ek het nog n sirkel Feta kaas ook ingekrummel en dit was baie lekker!
    Dit het baie lekker uitgekom en almal wat dit geeet het, het daarvan gehou. Dit is n heerlike, maklike tert!

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page