Your Recipe Blog

SUURLEMOEN BRÛLÉE

Recipe by
| Servings: serves 6

SUURLEMOEN BRÛLÉE

Resep en foto: Jennifer Ensink

  • 1 suurlemoen, skil afgerasper
  • 3 suurlemoene gehalveer in die lengte
  • 500 ml slagroom (“whipping cream”)
  • 120 g witsuiker
  • bruinsuiker vir die bolaag
  • Verwyder die “vleis” van die 3 suurlemoen wat halveer is versigtig uit die skil, sodat die skil helftes soos bakkies gebruik kan word.
  • Druk die suurlemoenvleis deur ‘n sif en meet ongeveer 110 ml sap af, plaas eenkant.
  • Voeg die slagroom, witsuiker en die fyn gerasperde skil in ‘n kastrol.
  • Bring die mengsel op die stoof tot ‘n sagte prut.
  • Prut die sap tot effens verminder en verdik, dit moet die agterkant van ‘n lepel bedek wanneer toets.
  • Roer die 110 ml suurlemoensap by die roommengsel.
  • Die mengsel sal dadelik dikker word, maar steeds loperig (nie so dik soos melktertpap nie).
  • Giet die warm mengsel in die uitgeholde suurlemoenskildoppe en laat dit afkoel tot kamertemperatuur.
  • Plaas die gevulde suurlemoendoppe in die yskas vir 6 ure of oornag tot gestol.
  • Strooi bruinsuiker bo-oor elkeen en gebruik ‘n gasblaasvlam (“blow torch”) om die suiker te smelt en goudbruin te karamelliseer.
  • Bedien dadelik na die suikerlaag hard geword het.
  • Nota:
  • Indien jy nie ‘n gasblaasvlam het nie, kan jy die brûlée kort rukkie onder ‘n baie warm oondrooster plaas om die suiker te karamelliseer.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page