BAMBARA BOONTJIES OF JUGO BOONTJIES
Foto: Elsie Venter
Hierdie is gebraai en bietjie gesout.
Beskrywing: Anette Pretorius
- Staan bekend as Bambara boontjies. Oes seisoen is Maart/April. Dit kom veral voor in Noord Transvaal. Groei ook baie goed in buurlande, veral in Kenia. Dit is ‘n stapel voedsel met ‘n baie hoë nutrisionele waarde. ‘n Boontjie wat ondergronds groei soos grondboontjies.
- Dit het n doppie/vliesie oor die vlees gedeelte. Mens haal dit uit die grond uit, spoel deeglik af. Sit in ‘n pot. Bedek met water en kook op gemiddelde hitte vir so half uur. Spoel die boontjies af soos jy gespikkelde bone sal afspoel – die water sal baie bruin wees.
- Sit vars water oor en kook verder tot sag. Voeg sout by na smaak. Wanneer gaar, bedien warm.
- Meeste van die boontjies het nog die doppie aan. Jy kan die boontjie uitdruk soos glippertjies.
- Baie mense druk nou die sagte boontjies fyn met ‘n aartappeldrukker en eet dit soos ‘mash’.
- Dit is heerlik as n ‘snack’ en net soos grondboontjies, kan jy nie eintlik ophou eet nie. Oppas net, want dit maak jou baie ‘gasvry’.!!
- Nota: Sally van Heerden
“Gluvu” (sometimes spelled gluvus or g/oevoes) refers to Bambara groundnuts (Vigna subterranea), an indigenous African legume often referred to as Bambara beans. Unlike standard peanuts, these beans grow entirely underground and are typically boiled, making for a highly nutritious, earthy, and protein-packed snack. - Nota: Rachel Vd Lith
Ek het in Swaziland groot geword ons het bakke vol geeet dis die lekkerste lekker…dit word Izindlubu genoem ons het dit self geplant en self gekook let wel sodra dit goed kook het ons dit 1-2 keer afgespoel dis geneig om jou bietjie op te blaas indien jy dit nie afspoel na 2de afspoel het ons dan sout by gevoeg en verder gekook…dis soos grondbone eet n mens hou net nie op😋😋😂 Dit is nou baie duur om by smouse die roues te koop maar nogsteeds die moeite werd😋
Category:

