Your Recipe Blog

TRIX SE SUURLEMOEN SOUSPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40-50 minutes | Servings: 6 - 8 porsies

TRIX SE SUURLEMOEN SOUSPOEDING

Foto:  Rina Kleinhans
Nota:  Ida deBeer
Jy kan my man in ‘n wip vang met poeding, my vriendin het hierdie resep op Facebook gesit en ek het dit al 2 x gemaak (met gewone suiker, bruismeel omdat my koekmeel op was en bakkie margarien omdat my bak-margarien op was, dit kan NET nie flop nie 😂) lekker met dun, soet vla.
(Halwe resep in hakkies – gebruik ‘n 18 cm pannetjie anders is by baie dun meer heerlik)

  • 90 ml sagte botter of bak margarien  (45 ml)
  • 320 ml strooisuiker (160 ml)
  • 4 eiers geskei (2 eiers)
  • 500 ml melk (250 ml)
  • 125 ml koekmeel (62.5 ml)
  • 125 ml vars suurlemoen sap (62.5 ml)
  • 10 ml suurlemoen skil ( 1 teelepel maar ek het twee gebruik)
  • Opsioneel: ½ teelepel bakpoeier (¼ teelepel)
  • Voorverhit oond op 180°C.
  • Room strooisuiker en botter tot lig en donsig.
  • Voeg eiergele en suurlemoen skil by en meng goed.
  • Sif koekmeel (en bakpoeier indien gebruik) in en meng goed.
  • Roer melk en suurlemoen sap by (dit mag miskien skif maar moenie worry nie) en meng goed.
  • Klop eierwitte styf en VOU in by beslag, skep in gesmeerde oonbak en bak vir 40 tot 50 min tot goudbruin en gestol.
  • Die poeding vorm sy eie sousie onder, maar dit is nie baie nie.
  • Nota:  Rina Kleinhans – Ek het bogenoemde resep getoets en net die helfte van die bestanddele gebruik en ‘n ¼ teelepel bakpoeier ingesit en hy het perfek gebak. So effens bo gebars maar ek dink dit is die bakpoeier, so ek glo mens kan dit uitlaat.
  • ONTHOU mens VOU die styfgeklitste eierwite in met ‘n metaal lepel net tot ingemeng, nie te veel nie want dit is wat die laag bo-op die sousie maak. Dis maar ‘n effense sousie maar heerlik.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page