GERDA SE BILTONG SOUTTERT
Resep en foto: Gerda Venter
Biltong souttert…resep by tannie by die werk gekry.
- 1 vel (400 g) broskorsdeeg (puff pastry)
- 250 g cheddar kaas gerasper
- 150 g gesnyde biltong (ongeveer)
- 4 eiers
- 375 ml room. (Blikkie wat ek gebruik het was 300 ml)
- Voorverhit oond 180ºC.
- Voer gesmeerde tertbak van sowat 32cm uit met deeg. Sprinkel cheddar kaas in die tertbak en strooi die biltong oor.
- Klits die eiers en room saam en giet oor die vulsel.
- Plaas in warm oond vir sowat 1 uur tot vulsel gestol het.
- Laat staan vir 10 min voor jy bedien.
Category:

