Your Recipe Blog

KNOFFEL WORTELSLAAI

KNOFFEL WORTELSLAAI

Resep geplaas deur Michele De Ridder

  • 4 tot 5 groot wortels, geskil en fyn gerasper
  • 1 tot 2 knoffelhuisies, baie fyn gekap of gedruk (na smaak)
  •  ¼ koppie mayonnaise
  • 2 eetlepels natuurlike jogurt (of suurroom vir ekstra romerigheid)
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • ½ teelepel suiker
  • ‘n knippie sout en swartpeper
  • Opsioneel:
  • ¼ koppie rosyne of fyngekapte pynappel vir ‘n soet-suur draai
  • Klits die mayonnaise, jogurt, suurlemoensap, suiker, knoffel, sout en peper saam in ‘n bakkie.
  • Plaas die gerasperde wortels in ‘n mengbak en giet die slaaisous daaroor.
  • Roer alles deeglik deur sodat die wortels goed bedek is met die sous.
  • Laat die slaai vir ten minste 30 minute in die yskas staan voor jy dit voorsit, sodat die knoffel en geure lekker kan intrek.

GARLIC CARROT SALAD
Recipe posted by Surina Theunissen

  • 6 – 8 carrots
  • ¼ teaspoon salt
  • 1 small clove garlic, minced
  • 1 tablespoon fresh parsley, chopped
  • 1½ tablespoon olive oil
  • 1½ tablespoon red wine vinegar
  • pepper to taste
  • Peel and cut carrots into small sticks. Boil carrots until fork tender. Drain.
  • While carrots are boiling, make dressing. Mix together salt, pepper, minced garlic, fresh parsley, olive oil and vinegar.
  • Mix carrots with dressing and refrigerate until cold.
    For best flavor, make 3-4 hours before serving or the night before. Store in refrigerator until serving.
SOET EN SUUR KERRIE KNOFFEL WORTELSLAAI
Hierdie weergawe kan lank in die yskas gebêre word.
  • 10 wortels, baie fyn gerasper (of in ringetjies gesny)
  • 3 knoffelhuisies, baie fyn gekap
  • 1 bossie sprietuie, opgekap
  • 1 ½ koppie wit asyn
  • ½ koppie water
  • 1 koppie suiker
  • ½ teelepel kerriepoeier (of meer na smaak)
  • sout en swartpeper na smaak
  • Kook die asyn, water, suiker, kerriepoeier, sout en peper saam in ‘n potjie tot ‘n stroop vorm en die suiker heeltemal opgelos is. Laat dit heeltemal afkoel.
  • Meng die wortels, knoffel en spruituie saam in ‘n groot glasbak.
  • Giet die koue stroop oor die wortelmengsel.
  • Laat die slaai ‘n paar uur (of oornag) in die yskas staan voor jy dit voorsit.
  • Om te bottel – Skep die slaai in bottels met deksels. Plaas in die yskas.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page