Your Recipe Blog

MOKKA SELFSOUS POEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 12 minute

MOKKA SELFSOUS POEDING

Resep en foto: Erna Van der Merwe
My vinnige Sondagaand poeding.

  • 60 g botter
  • 1 koppie strooisuiker
  • 1 ½ koppie bruismeel
  • 180 ml melk
  • ½ koppie kakao, verdeel
  • 1 koppie donkerbruin suiker (treacle)
  • 2 teelepels kits koffiepoeier
  • 2 koppies kookwater
  • Plaas die botter in ‘n 3 liter glasbak en smelt vir 1 minuut in die mikrogolf.
  • Voeg die strooisuiker, meel, melk en helfte kakao by die botter en meng tot glad.
  • Meng die res van die kakao, bruinsuiker en koffiepoeier saam en strooi dit eweredig oor die deeg in die glasbak.
  • Giet laastens die kookwater versigtig oor.
  • Bak onbedek vir 12 min in die mikrogolf, of tot gaar in die middel.
  • Laat staan die poeding vir 5 min voor opdienning. Net 1 vuil bak wat oorbly!
  • Nota 
  • Ek het die bruismeel met koekmeel en 2 teelepels bakpoeier vervang en die strooisuiker met gewone suiker.
    Gebruik maar ‘n baie groot bak, anders gaan hy oorkook.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page