Your Recipe Blog

HEERLIKE PRUTPOT BROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 3 ure

HEERLIKE PRUTPOT BROOD

Resep:  Chadelain Jordaan
Foto: Benhet Nieuwenhuis

  • 1 pak brooddeeg
  • ½ (halwe) koppie water
  • gekerfde sampioene
  • ½ (halwe) blikkie tamatie en uiesmoor
  • gerasperde kaas
  • Prutpot – Groot weergawe maar ½ kleiner weergawe.
  • Plaas die ½ (halwe) koppie water in die prutpot. Stel op “High”.
  • Plaas ‘n hele pak gekoopte brooddeeg in die water, druk die deeg eweredig plat op die bodem van die prutpot wat lagie water in het.
  • Plaas die deksel op en laat vir 1 uur en 30 min op “HIGH” kook, hy behoort dan ¾ (driekwart) gerys te wees.
  • Haal die deksel af en strooi gekerfde sampioene, ½ (halwe) blikkie tamatie- en uiesmoor en kaas oor.
  • Plaas die deksel terug en laat vir nog 1 uur op “high” gaan.
  • Haal die deksel af, en laat dit nog vir ‘n verdere 30 min gaan sonder die deksel.
  • Laat staan ‘n ruk sonder die deksel om af te koel, want die bak is warm, en keer dan die brood uit.
  • Nota: 
  • Ek het in plaas van die sampioene en tamatie en uiesmoor, bietjie kaas en uie in die deeg in geknie, voor ek dit vir die 1 uur en 30 min in die prutpot gesit het.
    Toe het ek tamatie baie fyn gesny en kouevleis in baie klein stukkies gesny en saam met die tamatie en nog kaas bo-oor gestrooi na die 1 uur en 30 min verby is en jy die ander goed moet oor sit vir die volgende 1 uur.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page