GEROOKTE MOSSEL SOUTTERT
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Ek het hom gemaak 😉ek het net vars mossels gebruik en ook my eie mossels gerook.
- 1 ui, gekap
- 1 pakkie sampioene, in skywe gesny
- 2 blikkies gerookte mossels
- 1 koppie gerasperde cheddarkaas
- 3 eiers
- 4 eetlepels botter
- 125 ml melk
- 1 teelepel mosterdpoeier
- 1 eetlepel koekmeel
- 1 teelepel aromat
- swartpeper na smaak
- rooipeper na smaak
- Voorverhitte oond teen 180°C.
- Braai uie in botter tot deurskynend, voeg sampioene by en braai liggies, haal af van die plaat.
- Voeg die gerookte mossels by saam met ongeveer 2 teelepels van die mosselolie.
- Voeg gerasperde kaas en rooipeper na smaak by, roer liggies saam en skap in gesmeerde oondvaste bak.
- In ‘n lekker groot mengbak, klits die eiers, melk, mosterdpoeier, koekmeel, aromat en peper saam, maak seker dis goed gemeng.
- Giet die melkmengsel stadig oor mosselmengsel in tertbak.
- Bak 180°C vir 30 min of tot gestol en mooi bruin.
- Nota: Tanya Smith
- Eet hierdie lekker tert gemaak, maar met 1 blikkie gerookte mossels en 1 blikkie gerookte oesters.
- Nota: Charleen Nieuwenhuizen
- Het die mossel souttert resep gebruik as riglyn. Het in die een tert salami, viennas en boeliebeef gebruik. In die ander een het ek artisjokke en spek gebruik. Bedien saam met ‘n groen slaai.
Category:

