DIEPSKEP MACARONI- EN MAALVLEISGEREG
Resep en foto: Amanda Austen
- 30 ml olie
- 2 uie, gekap
- 3 knoffeltoontjies, gekerf
- 800 g – 1 kg maalvleis
- 15 ml tiemie
- 2 tamaties, fyn gekap
- 30 ml tamatiepuree
- sout en peper na smaak
- ¾ pak macaroni, al dente gekook
- gerasperde kaas, soveel soos verkies
- 4 eiers, geklits met bietjie melk
- Braai die uie in ‘n warm pan met die olie tot glassig.
- Voeg die knoffel, maalvleis en tiemie by en roer deur.
- Voeg die tamaties, puree, sout en peper by en roer deur, laat dit kook tot gaar.
- Spuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei.
- Skep die maalvleismengsel in die oondbak en strooi ‘n laag kaas oor die maalvleis
- Skep die macaroni bo-op die kaas en giet die eiers egalig bo-oor die macaroni.
- Sprinkel weer kaas bo-oor die macaroni en garneer met pietersielie.
- Bak die gereg in die oond op 170ºC vir 50 min.

