Your Recipe Blog

VINNIGE ERTJIESOP

Avatar photo
Recipe by
| Servings: Genoeg vir so 4 groot sopbeker

VINNIGE ERTJIESOP (onder ‘n halfuur)

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand
Ideaal (en vinnig) vir die koue winters!! Resep by my oudste seun gekry. Hy maak dit graag.

  • 2 blikkies ertjies
  • 1 blikkie “Mild and Spicy” Chakalaka
  • 3 blikkies water
  • 1 blikkie melk
  • sout en peper na smaak
  • Keer 2 blikkies ertjies met brine en al in ‘n kastrol uit.
  • Voeg 2 blikkies water by.
  • Kook ertjies op hoog tot sag (moet maklik oopbars). Myne gekook vir 15 minute.
  • Meng die mengsel in ‘n blender fyn soos hoe jy daarvan hou. Ek het nie ‘n blender nie en gebruik my elektriese klitser. Ons hou van dit nie heeltemal fyn/glad nie. Jou keuse.
  • Voeg die Chakalaka by en nog een blikkie water en een blikkie melk.
  • Kook nog vir so 10 minute. As dit nog steeds te dik is, voeg nog bietjie melk of water by.
  • Voeg sout en peper by na smaak by.
  • Bedien met vars brood en botter.
  • Ekstra Notas
  • Jy kan gevriesde ertjies ook gebruik maar ek hou by die blikkies.
  • Ons gebruik graag eerder die “Hot and Spicy” Chakalaka.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page