APPEL KAPOKAARTAPPELS
Resep en foto: Marian van Deventer
- gelyke dele aartappels en groen appels
- melk
- botter
- soutwater
- sout en peper na smaak
- Skil die aartappels en appels en sny in kwarte. Verwyder die appels se pitte. Kook die aartappels en groen appel saam in sout water.
- Wanneer dit gaar is, dreineer die water af en voeg bietjie melk en ‘n lekker homp botter by en druk fyn soos kapokaartappels. Pas sout en swartpeper aan na smaak.
- Notas:
- Vir ‘n gladde tekstuur druk die mengsel deur ‘n sif.
- Ek het die appelskille in die lugbraaier gedroog en bo-op gesit vir bietjie “crunch”
- Ek het dit bedien saam met wors, maar ek dink die gaan lekker saam met vark werk veral vark skenkels.












