Your Recipe Blog

EENPOT HOENDER, RYS EN BROKKOLIGEREG

EENPOT HOENDER, RYS EN BROKKOLIGEREG

Resep en foto: Stien Rust

  • 3 hoenderborsies
  • meel om hoender te rol
  • 2 koppies brokkoli blommetjies of meng met blomkool blommetjies
  • 1 ui
  • 3 groot sampioene of na smaak
  • 1 opgehoopte teelepel knoffel stukkies (wat in olie is)
  • 1 koppie rou rys
  • 2 koppies hoender aftreksel
  • sout, peper en speserye na smaak
  • 1 koppie gerasperde kaas, opsioneel
  • Kook water en gebruik 2 koppies vir die hoender aftreksel, sit die rys solank daarin om sag te raak en laat eenkant staan. Roer maar so af en toe deur.
  • Sny die hoenderborsies in eetbare blokke. Geur met sout, peper en spesery na jou smaak. Rol in meel en laat eenkant staan.
  • Sny die ui in repies en die sampioene in kleinerige stukkies.
  • Gebruik botter of olie en braai die hoenderstukkies tot mooi bruin. Voeg die uie en sampioene by en braai saam. (ek het so ‘n halwe koppie soetrissie sous bygevoeg en saam deurgebraai)
  • Draai stoof stadiger en voeg die rys en hoender aftreksel by en kook tot die rys sag is. Voeg met tyd bietjie water by, indien nodig.
  • Voeg die brokkoli by. (Ek het 1 koppie met blomkool vervang) Net voor jy die stoof afsit, roer die kaas deur.
  • Laat staan die dis vir ‘n rukkie veral dat die brokkolie sagter kan word as jy dit later bygevoeg het.
  • Nota:Ek het die brokkolie effe later bygevoeg, want ek wou nie dat dit wegkook nie.
  • Het nie die kaas bygevoeg nie, want dit was reg genoeg vir ons.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page