Your Recipe Blog

GRANADILLAKOEK

Cook: 30 - 35 min | Servings: 1 medium koek

GRANADILLAKOEK

Resep en foto: Elaine Steyn
Ek was gister baie lus vir granadilla koek soos my ouma gemaak het, maar sy het nie resepte gehad nie en sommer uit haar kop aangemaak. Vandag is ek self ‘n ouma en ek’t het sommer my lemoenkoek se resep aangepas hiervoor, want ek het nie ouma se resep nie.

  • 330 ml witsuiker
  • 500 ml koekmeel
  • 12.5 ml bakpoeier
  • 150 g bak margarien
  • 80 ml granadilla pulp
  • 160 ml melk
  • 3 groot eiers
  • knippie sout
  • Klits die margarien en suiker tot romerig en voeg die eiers een vir een by, klits goed na elke byvoeging.
  • Sif die meel, sout en bakpoeier saam en vou dit in by die eiermengsel, saam met die granadilla pulp.
  • Voeg die melk by en meng liggies tot goed gemeng.
  • Verdeel die beslag tussen 2 panne van so 18 – 20 cm deursnee en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 30 – 35 minute tot net gaar.  Moenie te lank bak nie, want dan is die koek te droog.
  • Laat die koeke 5 min afkoel in die pan en keer uit op ‘n afkoelrak, bedek met ‘n ligte doek en laat staan tot koud.
  • Versiersel:
  • 100 g bak margarien
  • ± 80 ml granadilla pulp of soos nodig
  • 500 g versiersuiker
  • Ekstra:
  • granadilla pulp
  • 5 ml Maizena
  • Klop die margarien tot romerig en sif die versiersuiker by.
  • Voeg die granadilla pulp bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend klits, pasop vir te veel vloeistof.
  • Klop die mengsel tot romerig.
  • Versier die koek met die versiersel soos verkies.
  • Ek’t 250 g granadilla pulp gehad en die wat oor was gemeng met 5 ml Maizena, in mikrogolf verhit vir paar sekondes en oor versiersel gesmeer.

Nota:
Indien jy ‘n lemoenkoek wil bak vervang die pulp met dieselfde hoeveelheid vars uitgedrukte lemoensap en 3 ml gerasperde lemoenskil.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page