WORTELKONFYT
Resep en foto: Helena Erasmus
Ek het net die een botteltjie gekry en ‘n bietjie op die piering.
- 500 g grof gerasperde wortels
- 350 g suiker
- 2.5 ml gemmer
- suurlemoensap (twee spuite)
- knypie sout
- Kook die wortels in water tot sag en dreineer.
- Voeg suiker en gemmer by en laat kook weer ‘n rukkie. Voeg die suurlemoensap en knypie sout by.
- Kook stadig tot deur gekonfyt (die stukkies moet half deurskynend wees) en ‘n lekker stropie vorm. Toets die stropie op ‘n koue piering.
- Bottel warm in gesteriliseerde bottel en deksel.
Nota:
Vir elke 1 kilogram wortels gebruik 750 g suiker.
Die hoeveelheid op die foto is gekook met 500 g wortels.
Category:












