Your Recipe Blog

VINNIGE PAN ‘OMELET’ ROOSTERBROODJIES

Recipe by
Cook: 4 - 5 minute

VINNIGE PAN ‘OMELET’ ROOSTERBROODJIES

“Indien daar nie brood in die huis is nie en jy moet gou vir almal ‘n broodjie maak, is hierdie ‘n blink ideë! Ideaal vir Sondagaande of vir die kinders wanneer hulle van die skool af kom.
Ek het skyfies tamatie en gerasperde mozzarellakaas as vulsel gebruik. Dit was heerlik. Ons noem dit vinnige pan ‘toasties’. Hierdie resep is genoeg vir een ‘toasie’.”

  • 4 eetlepels broodmeel/koekmeel
  • knippie sout
  • 1 teelepel bakpoeier, gelyk geskraap
  • 1 eetlepel jogurt/karringmelk/amasi
  • 4 eetlepels water
  • fyn knoffel; (knoffelpasta) en pietersielie (opsioneël) vir die deegmengsel (ek het ‘n mengsel vir 6 toasties gemaak en 1 opgehoopte teelepel knoffelpasta gebruik en 1 teelepel gedroogte pietersielie)
  • vulsel van jou keuse, byvoorbeeld: skyfies tamatie, gerasperde kaas, salami

Meng alles saam buiten die vulsel bestaqnddele, totdat ‘n dik, loperige deeg vorm wat van die lepel kan afval. As dit nie afval nie, voeg nog een eetlepel water by.
Maak ‘n pan warm op medium hitte met ‘n eetlepel botter/olie. Skep die deeg in die pan en maak gelyk met die agterkant van die lepel sodat die deeg die hele pan vol lê. Laat vir ‘n minuut gaar word en pak dan die vulsel van jou keuse bo-op. Laat vir ‘n verdere twee minute gaar word en vou in die helfte soos ‘n omelet. Laat nog so 30 sekondes in pan lê en draai om na die ander kant. Los in pan vir nog 30 – 60 sekondes en skep in bord. Sny in skyfies en geniet!

Resep en foto: Gillian Kruger Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page