SUIKERKOEKIES MET HARDE VERSIERSEL
Resep en foto: Marie Grobler
‘n Gewone suikerkoekie met Royal versiersel.
- 125 g botter of bak margarien
- 125 g strooisuiker
- 1 medium eier
- 1 teelepel vanilla geursel
- 250 g koekmeel
- Verhit die oond tot 180° C.
- In ‘n mengbak room die suiker en botter saam. Voeg die eier en vanilla by en meng deur.
- Voeg die helfte van die meel by en meng goed en dan die ander helfte van die meel en meng goed. Knie deeg goed.
- Draai toe in kleefplastiek en plaas in yskas vir omtrent ‘n half uur.
- Rol uit, druk af en bak 10 tot 15 min.
- Laat afkoel en versier
- Royal versiersel:
- 500 g versiersuiker
- 2 medium eierwitte
- 1 teelepel suurlemoensap
- Sif die versiersuiker.
- Voeg eierwitte en sap by en klits met elektriese menger 6 tot 7 min tot stywe punt vorm.
- As dit te droog lyk voeg nog ‘n teelepel sap by. As jy dit dunner wil hê, voeg net water druppel vir druppel by tot die tekstuur reg is.
- Nota: Kan verdeel en kleursel byvoeg, indien verkies.
- Versier die koekies soos verkies.

