HEERLIKE OOND FRIKKADELLE
Heerlike oond-frikkadelle, wat nooit droog is nie.
- 1 kg maalvleis 80:20 vleis:vet
- 1 groot ui, baie fyn gekap of gerasper of verpulp met ‘n staafmenger
- 2 eetlepels asyn
- 2 eiers
- ½ koppie hawermout – quick cook
- 1 teelepel hoogvol Robertsons hoender spesery
- 1 teelepel hoogvol Robertsons groente speserye
- mespunt fyn kruie naeltjies – na smaak
- ½ koppie water
Meng die uie en asyn en laat staan vir 10 minute.
Meng dit daarna met die res van die bestanddele.
Moet nie te veel hanteer nie.
Maak effe groter as golfbal grootte frikkadelle en plaas styf teen mekaar in ‘n gesmeerde oondbak.
Voeg ½ koppie water by die frikkadelle.
Bak teen 180°C vir 30 minute tot gaar.
Skakel oond af en laat die frikkadelle die vloeistof in die bak her-absorbeer vir so 10 minute.
Nog lekkerder die volgende dag, die uie en asyn verbeter die smaak.
Heerlik vir padkos omdat dit nie souserig is nie.
Vir aandete kan ‘n tamatie-uie-smoor sous saam bedien word
Variasie:
Voeg komyn by vir ‘n midde oosterse geur en bedien met ‘n tsatziki doopsous.
Resep en foto: Anne-Marie Wiehahn













