HOENDERKAASKOEK SONDER SAMPIOENSOUS
Ek het hierdie resep van die blog af gevolg, al wat ek ekstra bygesit het was ‘n teelepel knoffel, vars suurlemoen tiemie, gekapte spriet uie, en gekapte pietersielie. Ek het ook die roomkaas met die chives in gebruik. Ruik en lyk heerlik… sal more proe.
- Kors:
- 100 g (½ pak) Cream Crackers, fyn gekrummel
- 100 ml gesmelte botter
- 2 ml (½ teelepel) droë gemengde kruie
- 5 ml (1 teelepel) Italiaanse sprinkelkaas-speserye (Ina Paarman)
- Vulsel:
- 30 ml (2 eetlepels) botter
- 1 ui, fyn gekap
- 30 ml (2 eetlepels) koekmeel
- 180 ml (¾ koppie) hoenderaftreksel
- 250 ml (1 koppie) gerasperde cheddarkaas
- 5 ml (1 teelepel) mosterdpoeier
- sout en vars gemaalde swartpeper
- 250 g krummelmaaskaas
- 3 eiers, geskei
- 80 ml (¹∕³ koppie) room
- 500 ml (2 koppies) gaar hoendervleis, gepluis
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20cm losboompan.
Kors:
Meng alles saam en druk vas op die boom van die pan.
Vulsel:
Smelt die botter en braai die ui tot sag. Voeg die meel by en roer tot dit sonder klonte is.
Roer die aftreksel geleidelik by en laat kook. Verwyder van die hitte.
Roer die kaas en mosterd by en geur met sout en peper.
Klits die maaskaas, eiergele en room saam. Voeg by die kaassous.
Meng die hoender by.
Klits die eierwitte styf en vou in.
Skep die vulsel in die kors.
Bak by 180 ºC vir ongeveer 45-60min, toets tot net gestol, oonde verskil.
Laat afkoel en ontvorm op ’n dienbord.
Resepgeplaas deur Louise Groenewald – Mariette Visser se resep
Foto: Petre van Jaarsveld












