Your Recipe Blog

MOSTERD UIE

MOSTERD UIE

Resep en foto: Ansie Paul

  • 5 – 6 of meer groot uie, opgesny in ringe
  • 750 ml wit asyn
  • 2 koppies water
  • 60 ml mosterdpoeier
  • 10 ml borrie poeier
  • 60 ml Maizena
  • sout na smaak

Meng die asyn, water, mosterd en borrie saam in ‘n groot kastrol.
Bring tot kookpunt en laat die sous goed deurkook.
Voeg die uie by en kook vir 10 – 15 min.
Voeg die sout by na smaak, ek glo sout gee net daai ektra lekker aan enige resep.
Voeg die Maizena, aangemaak met bietjie water, by die mengsel en kook tot dit verdik.
Bottel die mosterd uie warm, in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.

Nota:
Jy kan helfte van die uie vervang met opgekerfde kool. Gebruik dieselfde resep.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page