Your Recipe Blog

GLUTENVRYE SJOKOLADE “CHIP” KOEKIES

Recipe by
Cook: 12 - 15 min

GLUTENVRYE SJOKOLADE “CHIP” KOEKIES

  • 125 g sag margarine, Spar margarine werk die beste
  • 1 koppie witsuiker
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel sout
  • 3 koppies glutenvrye hawermout (oatmeal)
  • 2 koppies sjokolade  skyfies (chips)

Voorverhit die oond tot 180°C.
Room die margarine, suikers, eiers en vanilla saam. Hou eenkant.
Meng die bakpoeier, koeksoda, sout en hawermout saam.
Meng die twee mengsels saam.
Voeg die 2 koppies sjokolade skyfies by en meng alles goed.
Plaas die deeg vir 1 uur in yskas.
Rol bolletjies en druk effens plat tussen jou hand palms. Plaas op ‘n voorbereide bakplaat.
Bak 12 tot 15 minute, hou maar dop.

Resep en foto: Marie Grobler

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page